Brekende Nuus
Afrikaans

Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel

Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel
fotokrediet: Canva
Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel fotokrediet: Canva

President Donald Trump het Donderdag ‘n bevel onderteken wat ‘n wederkeringe handelstarief van 30% teen invoere uit Suid-Afrika insluit.

Lees ook: VSA gaan op 1 Augustus 30%-tarief op SA-goedere instel

Suid-Afrika probeer al sedert Mei met die VSA hieroor onderhandel, maar kon tot nou nie tot ’n ooreenkoms kom nie.

Die departement van handel, nywerheid en mededinging het gesê dit is toegewy aan die onderhandelings en wag vir terugvoering van die VSA vir die finale stand van sake oor die land se nuutste poging tot ‘n ooreenkoms.

Die VSA het gesê die deur bly oop vir verdere onderhandeling.

Suid-Afrika se grootste uitvoere na die VSA sluit metaal, edelstene, voertuie, voertuigparte, yster en staal, masjinerie, aluminiumprodukte, organiese chemikalieë, chemiese produkte, vrugte, sitrusvrugte, wyn en verwerkte kos in.

Suid-Afrika se koste vir uitvoere kan met R63 miljard styg, gebaseer op Suid-Afrika se 2023-uitvoerwaarde.

Bronne: BusinessTech, ECR, IOL

Lees ook: VSA gaan op 1 Augustus 30%-tarief op SA-goedere instel