President Ramaphosa stel Mcebisi Jonas aan as spesiale gesant na VSA

Lees ook :

President Ramaphosa stel Mcebisi Jonas aan as spesiale envoy aan VSA fotokrediet: X

President Cyril Ramaphosa het Mcebisi Jonas as ’n spesiale gesant na die VSA aangestel. Hy het aangekondig Jonas is die amptelike verteenwoordiger van die president en die regering van Suid-Afrika en is verantwoordelik daarvoor om Suid-Afrika se diplomatieke, handels- en bilaterale prioriteite te bevorder.

Lees ook: Donald Trump dreig om G20-beraad te boikot

Jonas is ‘n voormalige adjunkminister van finansies. Hy was destyds ‘n sleutelgetuie voor die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping. In 2018 was hy een van vier presidensiële beleggingsgesante wat aangestel is om meer beleggers na Suid-Afrika te lok.

Ramaphosa het gesê hy is toegewy daaraan om die werksverhouding met die VSA te herbou en dit te bevorder op ’n basis van respek, erkenning van die lande se soewereiniteit en voordeel vir al die mense.

Bronne: SA Regering

Lees ook: Donald Trump dreig om G20-beraad te boikot

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief