President skors hoof van openbare vervolging in Suid-Gauteng

Lees ook :

Foto: Facebook

GAUTENG. – Adv. Andrew Chauke, die Suid-Gautengse direkteur van openbare vervolging, is met onmiddellike effek, hangende ‘n ondersoek vir geskiktheid om sy amp te beklee, deur president Cyril Ramaphosa geskors. Die skorsing is ingevolge artikel 14(3) saamgelees met 12(6)(a) van die wet op die nasionale vervolgingsgesag toegepas.

Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, sê in ‘n verklaring president Ramaphosa het besluit dat skorsing die regte stap is in afwagting van ’n ondersoek, nadat Chauke gevra is om redes te verskaf waarom hy nie geskors behoort te word nie. Die president het die advokaat skriftelik van sy besluit in kennis gestel en aangedui dat beide die president en die publiek baat sal vind by ’n onafhanklike beoordeling van kwessies wat uitklaring verg en waaroor daar feitegeskille bestaan.

Volgens Magwenya glo die president dat Chauke se voortgesette ampstermyn as direkteur van openbare vervolging, die reputasie van die nasionale vervolgingsgesag in die geheel negatief sal beïnvloed en hy nie sy funksies optimaal sal kan verrig nie, terwyl hy deur ernstige aantygings in die gesig gestaar word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief