Brekende Nuus
Afrikaans

Prime gedagvaar oor kafeïen en chemikalieë wat kanker kan veroorsaak

Prime Hydration gedagvaar oor kafeïen en chemikalieë wat kanker kan veroorsaak

fotokrediet: Canva
Prime Hydration gedagvaar oor kafeïen en chemikalieë wat kanker kan veroorsaak fotokrediet: Canva

Lees ook: Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind

NEW YORK. – Prime Hydration LLC is deur ‘n inwoner van New York, Lara Vera, gedagvaar oor “misleidende praktyke” oor die maatskappy se energiedrankies wat tussen 215 en 225 mg kafeïene bevat teenoor die 200 mg wat hulle gesê het dit bevat.

Prime is ook gedagvaar oor die “forever chemicals” (PFA’s) in die drankie met ‘n druiwegeur. Sodanige chemikalieë kan tot kanker lei. Die maatskappy is gedagvaar omdat hulle meestal aan kinders en tieners bemark terwyl daar “geen veilige dosis kafeïene vir kinders is nie”. Kinders wat kafeïene inneem, kan onder andere ‘n vinnige, onreëlmatige hartklop hê, asook hoofpyn en konvulsies (seizures) kry.

Bronne: USA Today, Health News, The Daily Dot

Lees ook: Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind