Lees ook: Jeffrey Epstein – bekendes se name op lys
VK. – Prins Andrew gaan nie die koninklike familie se tradisionele ete voor Kersfees by Buckingham-paleis bywoon nie.
Hy gaan ook nie by die Kersfeesviering in Sandringham, Norfolk wees nie. Dit volg na ‘n Chinese sakeman met wie hy ‘n verbintenis het, toegang tot die VK geweier is oor kommer oor nasionale veiligheid.
Die sakeman, Yang Tengbo, was betrokke in ‘n verhoor na hy glo met senior figure in die VK vriende geword het op ‘n manier wat moontlik vir politieke doeleindes gebruik kan word. Prins Andrew het gesê hy het nie meer kontak met Yang nie.
Bronne: BBC, The Mirror, LBC





