Prins Andrew gee titel en eerbewyse prys

Lees ook :

Foto: Op lĂȘer

VERENIGDE KONINKRYK. – Prins Andrew het aangekondig dat hy, in oorleg met koning Charles en sy familie, besluit om van sy titel en eerbewyse afstand te doen.

“In gesprek met die koning en my onmiddellike en wyer familie, het ons tot die gevolgtrekking gekom dat die voortdurende beskuldigings teen my die aandag van die werk van Sy Majesteit en die koninklike familie aftrek. Ek het besluit om, soos ek nog altyd gedoen het, my plig teenoor my familie en land eerste te stel. Ek staan by my besluit van vyf jaar gelede om uit die openbare lewe te tree.”

Hy het bygevoeg dat die besluit met die instemming van Sy Majesteit geneem is. “Met Sy Majesteit se goedkeuring voel ons dat ek nou ’n stap verder moet gaan. Ek sal dus nie langer my titel of die eerbewyse wat aan my toegeken is, gebruik nie. Soos ek reeds tevore gesĂȘ het, ontken ek uitdruklik die beskuldigings teen my,” het prins Andrew gesĂȘ.

Die titel as prins sal behoue bly, maar die titels, Duke of York, Earl of Iverness en Baron Killyleagh sal nie meer deur die prins gebruik word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĂȘre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief