Lees ook: Prins Harry glo gekeer om by koning Charles te bly
GLOUCESTERSHIRE, VK. – Thomas Kingston (45), die man van lady Gabriella Kingston en skoonseun van prins Michael van Kent, is oorlede.
Hy is Sondagaand by ‘n adres in Gloucestershire dood aangetref.
Daar was geen verdagte omstandighede nie en niemand anders was betrokke nie. ‘n Ondersoek sal plaasvind en ‘n lêer sal vir die nadoodse ondersoeker voorberei word.
Lady Gabriella en sy familie het gesê sy dood was “’n groot skok vir die hele familie”.
Prins Michael van Kent is die kleinseun van koning George V en die eerste neef van koning Elizabeth II.
Bronne: BBC, The Star, HELLO!
Lees ook: Prins Harry glo gekeer om by koning Charles te bly





