Prins William besoek NSRI en ervaar Suidooster eerstehands

Lees ook :

Foto's: NSRI

WES-KAAP. – Prins William het Donderdag 7 November die NSRI in Simonstad besoek. Die prins is op ‘n reddingstuig vanaf Simonstad oor Valsbaai na Kalkbaai-hawe vervoer. Met die vaart op die Donna Nicholas het die prins die Suidooster stormsterkte ervaar.

Die NSRI sê die prins het met Patti Price van seereddingstasie-10, Mike Vonk, die HUB van die NSRI en reddingspan-vrywilligers ontmoet, waarna hy op ‘n toer deur die basis geneem is. Na die vaart op Donna Nicholas het die prins die Earthshot-finalis Abalobi en die vissersgemeenskap besoek.

Prins William het self by die Royal Air Force as soek-en-reddingshelikoptervlieënier diens gedoen en was ook ‘n lugambulansvlieënier wat 156 soek-en-reddingsoperasies meegemaak en bygedra het tot 149 lewens wat gered is.

Vonk sê die prins se agtergrond met soek-en-redding het sy natuurlike geïnteresseerdheid met operasies gewys en hy was gretig om die vrywilligers te ontmoet, omdat hy verstaan wat hulle doen en hoekom hulle dit doen. Die prins was volgens Vonk veral in die NSRI SafeTrx App en die voorkomende veiligheidsmaatreëls vir watergebruikers geïnteresseerd.

“Sy Koninklike Hoogheid het ‘n ‘Leer om te swem’-program as deel van sy stigting en hy was baie gretig om te leer oor ons oorlewingswemprogram en waterveiligheidsopvoeding. Dit was ‘n wonderlike geleentheid om die werk van die NSRI ten toon te stel en sy opregte belangstelling in wat ons vrywilligers doen, was werklik besonders. Dit was ‘n fantastiese kuier. Jy kan sien hy is ‘n mense-mens – hy was opreg geïnteresseerd in die werk van ons vrywilligers,” sê Vonk.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief