WILTSHIRE, VK. – Rosie Roche, prins William en Harry se niggie, is verlede week dood gevind met ’n vuurwapen naby haar liggaam.
Lees ook: Britse man enigste oorlewende van vliegtuigongeluk
Roche, die kleinkind van prinses Diana se oom, is op14 Julie dood by haar familiehuis in Norton, Wiltshire, aangetref. Sy is deur haar ma en suster dood gevind nadat sy besig was om te pak om saam met vriende op vakansie te gaan.
‘n Ondersoek by die nadoodse ondersoeker se hof in Wiltshire is oopgemaak en uitgestel tot Oktober 2025.
Die nadoodse ondersoeker, Grant Davies, het gesê volgens die polisie is “die dood nie verdag nie en daar was geen derdeparty daarby betrokke nie”.
Bronne: Daily Mail, New York Post, PEOPLE
Lees ook: Britse man enigste oorlewende van vliegtuigongeluk





