Brekende Nuus
Afrikaans

Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose

Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose
fotokrediet: Wikipedia
Prinses Beatrice praat oor haar ma se kankerdiagnose fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Koning Charles se begrafnisplanne gereeld bygewerk na kankerdiagnose

VK. – Sarah Ferguson is in Januarie met velkanker gediagnoseer na sy ‘n paar moesies laat verwyder het. Dit is ontdek ná haar rekonstruktiewe chirurgie nadat borskanker verlede jaar by haar ontdek is.

Prinses Beatrice, haar dogter, het oor haar ma se gesondheid in ‘n TV-onderhoud gepraat.

Die prinses het gesê haar ma is die “all clear” deur haar dokters gegee. Sy het gesê haar ma doen nou goed en is gesond. Prinses Beatrice het ook gesê sy en haar suster is trots op hulle ma dat sy stappe geneem het om na haar gesondheid te kyk.

Die koninklike familie het ‘n moeilike jaar in terme van gesondheid gehad na Ferguson in Januarie met kanker gediagnoseer is, koning Charles in Februarie en prinses Kate in Maart.

Bronne: The Independent, People, Metro

Lees ook: Koning Charles se begrafnisplanne gereeld bygewerk na kankerdiagnose