VSA. – Regter Lewis Liman het gister beslis privaat boodskappe tussen die aktrise Blake Lively en sangeres Taylor Swift kan aan Justin Baldoni oorhandig word vir sy regsaak teen Lively.
Lees ook: Regter skrap Justin Baldoni se $400-miljoen saak teen Blake Lively
Liman het beslis Lively en Swift se boodskappe oor die werksomgewing op die stel van It Ends With US is relevant tot die saak en moet aan Baldoni oorhandig word.
Dit volg nadat Lively se regspan wou keer dat Baldoni se regspan die boodskappe kry. Lively se regspan het al voorheen gesê Baldoni se regspan probeer Taylor Swift by die saak betrek omdat sy beroemd is.
Lively het Baldoni in Desember gedagvaar met bewerings van seksuele teistering op die filmstel en aantygings dat hy haar naam deur ’n smeerveldtog probeer skade aandoen het. Baldoni het Lively vir naamskending gedagvaar, maar sy saak is geskrap met die opsie om later ’n saak teen haar oor kontrakbreuk te maak.
Bronne: BBC, Rolling Stone, The Independent
Lees ook: Regter skrap Justin Baldoni se $400-miljoen saak teen Blake Lively





