Lees ook: Capitec van lyn af
Verskeie banke, mediamaatskappye, lughawens en internetdienste regoor die wêreld is van lyn af. Lughawens, treindienste en finansiële instansies het ook probleme aangemeld.
In Suid-Afrika word probleme onder andere met Microsoft, Capitec en RSG ondervind.
In Australië is verskeie banke, mediamaatskappye en telekommunikasiemaatskappye van lyn af.
‘n Woordvoerder in Australië het gesê die probleme kan verwant wees aan ‘n probleem by die globale kubersekuriteitsmaatskappy, Crowdstrike.
Londen se Stock Exchange-groepplatform ervaar ook probleme. Sky News in die VK is ook af.
Vlugte in Australië en Berlin is gestop en United Airlines vlieg ook nie op die oomblik nie.
Lughawens in Spanje ondervind ook probleme.
Bronne: Malta Today, The Telgraph, Tech Central
Lees ook: Capitec van lyn af





