Brekende Nuus
Nuus

Prokureur en passasier in Jhb in voertuig doodgeskiet

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Prokureur Nadine Meintjes en ’n man is Maandag 2 November in ’n dubbele skietvoorval by die Klipspruit-Wes-afrit in Johannesburg doodgeskiet. Die twee slagoffers was in ’n Toyota Urban Cruiser toe hulle deur onbekende aanvallers geskiet is.

Lt.kol. Isaac Mudau, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die polisie het met hul aankoms ’n Toyota Urban Cruiser by die oprit met koeëlgate in die bestuurdersdeur aangetref. ’n Vrou, wat as die bestuurder geïdentifiseer is, en ’n man op die voorste passasiersitplek is albei deur nooddienste op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek twee aanklagte van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Spangenberg Attorneys het Nadine Meintjes as die vroulike slagoffer geïdentifiseer en hulde aan haar gebring. Die kantoor het gesê sy was ’n voormalige universiteitsklasmaat en kollega in die regsberoep. Die firma het sy medelye met haar familie, vriende en kollegas uitgespreek en gesê geen regspraktisyn behoort vir sy of haar lewe te vrees terwyl die beroep beoefen word nie.

Lees die verklaring hier onder:

MEDIA STATEMENT

In Memoriam: Nadine Meintjes

Spangenberg Attorneys Inc. wishes to express its sincere condolences following the tragic passing of Nadine Meintjes.

Nadine was a former fellow university student and a colleague within the legal fraternity. Although she was not employed by or affiliated with Spangenberg Attorneys Inc., we acknowledge the connection we shared through our university years and the broader legal profession.

Her tragic passing is a painful reminder that no person, and particularly no member of the legal profession, should have to fear for their life while pursuing their profession and contributing to society.

We extend our heartfelt condolences to her family, friends, colleagues and all those whose lives she touched.

May her loved ones find strength and comfort during this incredibly difficult time.