VSA. – Beeldmateriaal is hierdie week vrygestel van die tronksel van die pedofiel Jeffrey Epstein as deel van die FBI en departement van justisie se verklaring dat hy selfdood gepleeg het. ’n Vermiste minuut in die beeldmateriaal het twyfel geskep oor die verloop van die gebeure, maar volgens prokureur-generaal Pam Bondi is die minuut weg as gevolg van ’n terugstelroetine (reset) by die Metropolitan-aanhoudingsentrum.
Lees ook: Epstein-videomateriaal vrygestel, maar ’n vermiste minuut wek twyfel
Sy het gesê die sentrum stel elke aand die beeldmateriaal terug en “elke aand moet dieselfde minuut vermis word”.
Bondi het gesê die departement van justisie beplan om addisionele beeldmateriaal vry te stel wat bewys die vermiste minuut was as gevolg van ’n terugstelroetinewat deur die tronk uitgevoer is.
Saam met die beeldmateriaal is ’n memorandum vrygestel waarin gesê is Epstein het geen kliëntelys gehad waarmee hy iemand afgepers het nie. Die ondersoek aangaande prins Andrew se verhouding met Epstein is ook gesluit en die memorandum het gesê “geen verdere vrylating” van rekords oor Epstein sal “behoorlik of regverdig” wees nie.
Bronne: The Independent, Daily Mail, Newsweek
Lees ook: Epstein-videomateriaal vrygestel, maar ’n vermiste minuut wek twyfel





