Lees ook: Mans in hegtenis geneem vir Putco-busbrande
MPUMALANGA. – Die twee verdagtes wat glo betrokke was by die uitbrand van 51 Putco-busse het glo ’n beseerde veiligheidswag se selfoon in hulle besit gehad.
Die verdagtes is in hegtenis geneem na aanvalle op vier Putco-depots Maandagaand in KwaMhlanga en Siyabuswa waarin twee veiligheidswagte beseer is.
Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, het die verdagtes ’n 9 mm-pistoolmagasyn sonder ammunisie en die wag se selfoon in hulle besit gehad toe hulle in hegtenis geneem is.
Volgens die polisie in Mpumalanga sal nog verdagtes in hegtenis geneem word. Putco het die spanning met die taxi-industrie oor roetes vir die voorvalle blameer.
Bronne: Sunday World, SA People, EWN





