R250 m. se konstruksiemasjinerie glo deur sindikaat gesteel

Lees ook :

Foto: KZN Department of Transport

KWAZULU-NATAL. – Siboniso Duma, die LUR vir vervoer en menslike nedersettings, doen ‘n beroep op die publiek om saam te werk om ‘n misdaadsindikaat hok te slaan, wat die provinsie se padinfrastruktuur ernstig benadeel. Sedert 2024 is meer as R250 miljoen se konstruksiemasjinerie en voertuie gesteel.

Die toerusting is noodsaaklik vir die bou en instandhouding van duisende kilometers se padnetwerke regoor die provinsie. In totaal is 43 stukke masjinerie, wat vragmotors en ander swaar voertuie insluit, reeds gesteel. Die sindikaat werk glo regoor die provinsie en gebruik slinkse metodes soos vals nommerplate en gee voor dat hulle deur die departement gemagtig is om toerusting te verwyder. Daar is ook gevalle waar werkers en kontrakteurs geïntimideer of oorrompel is, met die diefstal wat dikwels snags plaasvind.

‘n Gespesialiseerde veiligheidspan wat met die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad saamwerk, is deur Duma geprys. Onder leiding van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi is daar tot dusver 22 gesteelde voertuie en masjiene ter waarde van sowat R45 miljoen teruggevind. In Eshowe is drie verdagtes ook in hegtenis geneem en gesteelde masjinerie teruggekry. Ten spyte van hierdie suksesse is 21 stukke toerusting, met ’n geskatte waarde van R200 miljoen, steeds vermis.

Die voortdurende diefstal beïnvloed padbou- en onderhoudwerk ernstig en raak gemeenskappe direk. Die LUR sê hoewel veiligheid by werkspersele versterk is en opsporingstelsels gebruik word, is samewerking van gemeenskappe noodsaaklik om die sindikaat se aktiwiteite te stop.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief