OOS-KAAP. – ‘n Beloning van R50 000 is uitgereik na vyf skoolmeisies glo op 30 Oktober 2024 by ‘n skool in Bityi beroof en verkrag is.
Kapt. Welile Matyolo sê die beloning is vir enige lid van die publiek wat inligting kan gee wat tot die arrestasie en suksesvolle vonnis van verdagtes kan lei.
Op die betrokke aand, omstreeks 00:35, het twee verdagtes glo toegang forseer tot ‘n rondawel waar die meisies geslaap het. Die meisies is van hulle selfone beroof en verkrag.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur. kapt. Nomanjila by 082 697 5920 en sers. Danisa by 071 352 4727 te bel.





