GAUTENG. – ’n 37-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die beweerde korrupsie en tenderbedrog van R635 miljoen by die Tembisa-hospitaal. Die verdagte is op die lughawe in hegtenis geneem.
Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die korrupsie-ondersoek na die Tembisa-hospitaalsage het gelei tot die verdagte se inhegtenisneming op 28 Augustus 2026 by die OR Tambo Internasionale Lughawe toe hy van oorsee teruggekeer het. Die verdagte is glo deel van ‘n komplekse ondersoek na ‘n multimiljoenrand-tenderbedrog verkrygingsproses. Die sake hou verband met bewerings van bedrog, korrupsie, vervalsing en/of die gebruik van vervalste dokumente, oortredings van die wet op openbare finansiële bestuur en geldwassery. Daar word beweer dat sekere hospitaalamptenare met diensverskaffers saamgespan het om die aanvraag om ‘n kwotasies-stelsel vir verkrygingstransaksies onder die R500 000-drempel te misbruik. Volgens die Valke is dié benadering doelbewus gebruik om die formele tenderproses te omseil.
Die verdagte sal na verwagting Maandag op aanklagte wat met bedrog, korrupsie en geldwassery verband hou, in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof wat in die Palm Ridge-landdroshof sit, verskyn.