Raad met jou maat – Estelle antwoord

Lees ook :

Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na vermaake227@gmail.com.

Anonieme lesersvraag: 

My mansvriend is baie jaloers en insecure. Ek het in die verlede gedink hy is baie oulik en dat hy baie lief is vir my tot ek agtergekom het hy doen dit met elke verhouding wat hy voorheen in was. Ek mag net Whatsapp as hy met my chat, maar hy is tydig en ontydig op. Hy soek my Facebook-wagwoord en ek moet sê waar ek is en saam met wie ek is ten alle tye. Elke keer as ons stry, noem hy my lelike goed en beskuldig my gedurig dat ek met ander mans is. Ek het alles gedoen – van my vriende ontslae geraak, mense geblok selfs, duur geskenke gekoop om op te maak as ons stry. Hy het selfs eenkeer voorgestel ons moet ’n threesome hê. Ek het al foto’s op sy laptop van hom met ’n ander meisie gekry. Hy het dit om die dood ontken.

Die verhouding is toe beëindig toe ek net besluit om nie meer vir hom sy sin te gee as hy insecure begin raak nie. Twee maande daarna het ons opgemaak, tot dit weer begin het en die verhouding is weer tot ’n einde gebring. My vraag is – is dit reg om vir iemand wat insecure is elke keer te bewys jy is nie die mens wie hy/sy dink jy is nie? Is dit my verantwoordelikheid om hom anders te bewys?

Antwoord:

Alhoewel almal een of ander tyd in hulle lewe jaloers en onseker van hulself voel, is jaloesie tot so ’n mate glad nie gesond nie. Vertroue is een van die groot faktore waarop die fondasie van ’n verhouding gebou moet word. Dit is glad nie reg of normaal om van jou vriende of familie afgesonder te word of dat jy hulle moet afskryf nie. As dit by sosiale media kom, is dit die beste om altyd oop en eerlik te wees, maar daar kan ook nie van jou verwag word of beperk word met wie jy mag gesels nie. Uit ondervinding is diegene wat so maklik beskuldig, gewoonlik die een wat agter die deur staan. Kortliks – nee, dit is nie jou verantwoordelikheid om jouself elke keer te verduidelik, verdedig of te bewys nie. Die verhouding klink glad nie gesond nie en jy kan nie sy onsekerheid vir hom uitsorteer nie, hy moet dit self doen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief