Raadslid in sy huis geskiet, sterf in hospitaal

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Plaaslike raadslid het in die hospitaal gesterf nadat hy Dinsdagaand in sy huis in Sundumbili geskiet is.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die diens is Dinsdagaand uitgeroep deur die Sundumbili-kliniek oor twee skietwond-slagoffers. ‘n Plaaslike raadslid is in ‘n kritieke toestand aangetref, waarna hy eers gestabiliseer is, voordat hy deur gevorderde lewensondersteunende paramedici na ‘n hospitaal gehaas is. Sy suster, wat matige beserings opgedoen het, is ook vir verdere mediese versorging na ‘n nabygeleë fasiliteit vervoer. Die raadslid het egter gesterf.

Meyrick sê volgens inligting was die raadslid en sy suster tuis toe gewapende verdagtes die huis betree en op die raadslid geskiet het. Sy sê Sundumbili-kliniek het ‘n uitstekende werk gedoen om die pasiënte te behandel en te stabiliseer, voordat nooddienste opgedaag het.

Die insident word deur die polisie ondersoek.

Die raadslid se naam is nie bekend gemaak nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief