Ramaphosa gaan straks aanbod aan Elon Musk oor Starlink maak

Lees ook :

Ramaphosa gaan straks aanbod aan Elon Musk oor Starlink maak fotokrediet: X

’n Onlangse berig in Bloomberg News beweer pres. Cyril Ramaphosa gaan ’n aanbod aan Elon Musk oor Starlink in Suid-Afrika maak.

Lees ook: SA skort samesprekings oor Starlink op

Drie anonieme bronne het aan Bloomberg News gesê Ramaphosa gaan ’n aanbod aan Musk maak wat die SEB-voorwaardes omseil.

Die doel is waarskynlik om spanning met Musk en Donald Trump te verminder. Musk het voorheen beweer Starlink word nie in Suid-Afrika toegelaat nie omdat hy “nie swart is nie” en het Suid-Afrika se vereiste dat minstens 30% firmas met telekommunikasie-lisensies in swart besit moet wees, as rassisties bestempel.

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het in Maart gesê Elon Musk het nooit vir ’n lisensie vir Starlink in Suid-Afrika aansoek gedoen nie.

Bronne: IOL, The Citizen, Polity

Lees ook: SA skort samesprekings oor Starlink op

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief