SA skort samesprekings oor Starlink op

Lees ook :

Suid-Afrika skort samesprekings oor Starlink op fotokrediet: X

Samesprekings om Elon Musk se Starlink-diens in Suid-Afrika te lisensieer, is opgeskort na president Cyril Ramaphosa se woordvoerder gesê het Ramaphosa wil nie besigheid met Musk doen nie.

Lees ook: Starlink onttrek van konsultasie oor satellietdienste in SA

Die probleme het begin toe Elon Misk geweier het om te voldoen aan die wetlike bepalings van BEE in Suid-Afrika. ICASA het ‘n alternatiewe plan uitgedink dat Musk kan belê in ondernemings wat aan benadeelde groepe behoort, maar SpaceX het nie vir daardie samesprekings opgedaag nie.

Musk het toe op X vir Ramaphosa gevra hoekom die land “openlike rassistiese eienaarskapwette” het. Vincent Ngwenya, pres. Ramaphosa se woordvoerder, het toe gesê Suid-Afrika gaan ten alle koste ‘n ooreenkoms met Starlink vermy.

Hy het gesê: “As ‘n sakefiguur soos Elon Musk sulke rassistiese sienings het en leuens versprei, gaan ons nie ‘n belegging met hom aangaan nie”.

Bronne: TechCentral, Briefly, X

Lees ook: Starlink onttrek van konsultasie oor satellietdienste in SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief