President Cyril Ramaphosa waarsku dat die onlangse Ebola-uitbrekings in Afrika ’n ernstige herinnering is aan hoe vinnig gevaarlike siektes kan versprei, soos tydens die Covid-19-pandemie gebeur het.
Hy sê die wêreld, en veral Afrika, kan nie bekostig om weer onvoorbereid betrap te word nie. Volgens Ramaphosa het Covid-19 gewys hoe vinnig ’n virus lewens en ekonomieë kan verwoes en hoe Afrika agtergelaat is toe dit by entstowwe en behandeling gekom het. Die president beklemtoon dat Ebola, soos Covid-19, nie binne landsgrense bly nie en maklik na ander lande kan versprei. Daarom moet Afrika nou reeds sterker gesondheidstelsels bou en minder afhanklik wees van buitelandse hulp.
Hy maan dat die vasteland die lesse van Covid-19 moet gebruik om beter voorbereid te wees, aangesien sulke uitbrekings nie net lewens kos nie, maar ook werksgeleenthede en ekonomiese stabiliteit bedreig.
Druk hier om meer te lees.





