Ras of eienaars – waar lê die oorsaak van die pitpull-probleem?

Lees ook :

Daar is geen amptelike statistieke in Suid-Afrika beskikaar oor pitbull‑aanvalle nie. Mediaverslae en ander bronne skets wel ’n donker beeld.

Nuusflits het onlangs ‘n meningsopname op sosiale media oor die onderwerp geloods. Die oorgrote meerdheid lesers is van mening dat die probleem by die eienaars lê, nie by die ras nie. Reaksies van honde-eienaars en kenners wys redes vir aggressiewe gedrag uit. Mishandeling, gebrek aan sosialisering, verkeerde opleiding en onkundige teel is die grootste bydraende faktore.

‘n Klein minderheid meen genetika speel ook ’n rol.

Honde wat liefde, aandag en behoorlike leiding kry, toon dikwels ‘n saggeaarde en beskermende karakter, reken lesers. Die konsensus is dat ’n verantwoordelike eienaar en goeie teelpraktyke ’n groot verskil kan maak. Lesers meen dit is onregverdig om die ras op sigself te blameer.

Volgens onbevestigde mediaberigte is pitbull-honde en pitbull‑kruisings betrokke by 60% of meer van die fatale hondaanvalle wat jaarliks plaasvind. Hierdie berigte dui aan dat 72 uit 99 hondaanvalverwante sterftes bekend sedert 2004 aan die kake van pitbull-honde was.

Daar is geen volledige, amptelike SA‑ nasionale statistieke gepubliseer wat pitbull‑aanvalle breedvoerig ontleed nie. Pitbull‑identifikasie in mediaberigte kan onakkuraat wees, aangesien hondetipes maklik verkeerd geïdentifiseer word.

“Daar is altyd q’n storie agter pitbull-aanvalle. Óf dis ‘n gekruisde pitbull, óf hy was verkeerd grootgemaak of hy was gebruik as veghond,” skryf Theuns Groenewald in ’n sosialemediaplasing.

https://www.facebook.com/share/p/16oeRDSrft

Foto bron: https://www.facebook.com/thepositivepitbull?__tn__=%2Cd-UC*F

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief