Rassie se Springbok-oefenkamp fokus op Wallis

Lees ook :

Foto's: SuperSport Rugby

Rassie Erasmus het sy eerste Springbok-oefenspan, met 35 name, vir die jaar aangekondig. Die spelers het Maandag in Pretoria vir hulle eerste oefenkamp aangemeld.

Die fokus van die oefenkamp is die wedstryd op 22 Junie vir die Qatar Airways-beker teen Wallis op Twickenham. Dit is ‘n openingswedstryd.

Rugbyspelers wat in Europa, die Verenigde Koninkryk en Ierland gebaseer is, is nie vir die Springbokke se eerste toetswedstryd van die seisoen oorweeg nie. Spelers wat deel is van die Vodacom Bulls wat na die halfeindstryd van die Vodacom United Rugbykampioenskap deurgedring het, se name sal ook nie onder die 35 gevind word nie.

Hier is die spelers vir die oefenkamp in alfabetiese volgorde:

Voorspelers: Phepsi Buthelezi (Hollywoodbets Sharks), Joseph Dweba, Ben-Jason Dixon (beide DHL Stormers), Pieter-Steph du Toit (Toyota Verblitz), Eben Etzebeth (Hollywoodbets Sharks), Neethling Fouche (DHL Stormers), Vincent Koch (Hollywoodbets Sharks), Frans Malherbe (DHL Stormers), Malcolm Marx (Kubota Spears), Bongi Mbonambi (Hollywoodbets Sharks), Ntuthuko Mchunu (Hollywoodbets Sharks), Salmaan Moerat (DHL Stormers), Franco Mostert (Honda Heat), Ox Nche (Hollywoodbets Sharks), Evan Roos (DHL Stormers), Kwagga Smith (Blu Revs), Andre-Hugo Venter (DHL Stormers), Jasper Wiese (Leicester Tigers).

Agterspelers: Damian de Allende (Panasonic Wild Knights), Faf de Klerk (Canon Eagles), Andre Esterhuizen (Harlequins), Aphelele Fassi (Hollywoodbets Sharks), Jordan Hendrikse (Emirates Lions), Sacha Feinberg-Mngomezulu (DHL Stormers), Ethan Hooker (Hollywoodbets Sharks), Quan Horn (Emirates Lions), Cheslin Kolbe (Suntory Sungoliath) Jesse Kriel (Canon Eagles), Manie Libbok (DHL Stormers), Makazole Mapimpi, Siya Masuku (both Hollywoodbets Sharks), Handre Pollard (Leicester Tigers), Morne van den Berg (Emirates Lions), Edwill van der Merwe (Emirates Lions), Grant Williams (Hollywoodbets Sharks).

Bronne: Springboks, SuperSport Rugby en Rugby Mad

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief