Brekende Nuus
Afrikaans

Rasta Kenosi se borgaansoek uitgestel

Kenosi is verlede week borg op drie klagtes van poging tot moord toegestaan.

Rasta Kenosi bly in aanhouding. Foto ter illustrasie: Facebook en  Canva
Rasta Kenosi bly in aanhouding. Foto ter illustrasie: Facebook en Canva

NOORDWES. – Die beweerde veediefstalsindikaatleier, Rasta Kenosi, se borgaansoek op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging is gister in die Ganyesa-landdroshof tot Dinsdag 9 Januarie uitgestel.

Kenosi is verlede week borg op drie klagtes van poging tot moord toegestaan. Hy moes egter in aanhouding bly tot die borgtogaansoek vir die aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging gister voorgekom het. Verlede week se borgvoorwaardes het ingesluit dat hy elke Maandag en Vrydag by die Morokweng-polisiestasie aanmeld. Sy voertuie is ook teruggehou.

Volgens Petrus Sitho, teenmisdaad-aktivis, bly Kenosi in aanhouding tot sy borgaansoek volgende Dinsdag.