Die sanger Ray Dylan en sy vrou, Jessica, het Maandag hulle sewende huweliksherdenking gevier. Hulle is in 2017 op Uitenhage getroud.
“Ons is vandag 7 jaar getroud! Die tyd gaan darem vinnig verby! Dankie, my vrou, vir 7 baie goeie jare van my lewe! Ons kies mekaar nog steeds elke dag en dis al wat tel. Ek is baie baie lief vir jou!” het hy op sy Facebook-blad geskryf.
Bron: Ray Dylan Facebook





