‘Reeksverkragter’ na 12 slagoffers uiteindelik vas

Lees ook :

'Reeksverkragter' na 12 slagoffers vas. Foto ter illustrasie: Canva

POLOKWANE, LIMPOPO. – ’n Vermeende “reeksverkragter” (30) is Saterdag deur Burgersfort-SAPD se eenheid vir gesinsgeweld en seksuele misdrywe in hegtenis geneem. Voorlopige ondersoeke verbind die verdagte aan 12 afsonderlike verkragtingsinsidente wat in die Mecklenburg-, Tubatse-, Burgersfort- en Driekop-areas plaasgevind het.

Na bewering is die slagoffers aan verskriklike geweld en marteling na die verkragtings self blootgestel. Die verdagte se beweerde misdade het vanaf 2015 tot 2022 gestrek.

Tydens een insident op 27 Mei 2017 het ’n slagoffer (14) op Mecklenburg saam met twee mans in ’n taxi gery. Hulle het na ’n afgeleë gebied gery waar die slagoffer na bewering deur beide mans verkrag is.

Nog ’n slagoffer (26) is op 27 Oktober 2020 deur drie mans in die Mashamthane-nedersetting verkrag. Volgens die SAPD teiken die groep mans jong en middeljarige vroue vir bendeverkragtings.

Die verdagte  is deur middel van DNA aan die 12 slagoffers verbind. Hy sal binnekort in die hof verskyn. Twee ander verdagtes is nog op vrye voet.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief