Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën en sneeu tot DInsdag oor groot dele van die land voorspel.
Lees ook: Reën voorspel vir Saterdag, kouefront op pad
’n Kouefront sal môre (Saterdag) die Wes- en Noord-Kaap tref en sal Maandag oor die res van die land beweeg.
Sneeu word in al die provinsies verwag, met die uitsondering van Limpopo. Yskoue temperature, erge winde en swaar reën word ook voorspel. Erge donderstorms met moontlike hael en erge winde word Maandag en Dinsdag in Noord-Wes, Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal verwag.
Daar is waarskuwings van oorstromings Sondag in dele van die Oos-Kaap en Maandag in KwaZulu-Natal.
Bronne: SAWD





