Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën vir verskeie dele van die land vir die week voorspel.
Lees ook: Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir vandag uitgereik
Reën is vir vandag vir dele van die Noord-Wes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voorspel. ‘n Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms is vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal uitgereik.
Reën is vir Dinsdag vir dele van die Noord-Kaap, Noord-Wes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorspel, terwyl dele van die Noord-Kaap, Noord-Wes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Vrystaat Woensdag reën te wagte kan wees.
Die publiek word herinner om die weer vir enige verandering dop te hou.
Lees ook: Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir vandag uitgereik





