Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën voorspel vir die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Oos-Kaap, KZN, Mpumalanga en Limpopo vir vandag.
Lees ook: VK sluit by soektog na vermiste MH370-vliegtuig aan
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms is vir Gauteng en Limpopo uitgereik.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën met moontlike oorstromings is vir KwaZulu-Natal uitgereik.
Die Wes-Kaap is met ’n geel vlak 1-kennisgewing teen erge wind, wat dit moeilik sal maak om op see te vaar, gewaarsku.
Bronne: SAWD
Lees ook: VK sluit by soektog na vermiste MH370-vliegtuig aan





