Regering stel alternatief voor vir SEB-lisensiëring vir Starlink en ander telekommaatskappye

Lees ook :

Regering stel alternatief voor vir SEB-lisensiëring vir Starlink en ander telekommaatskappye fotokrediet: X

Die Suid-Afrikaanse regering het ’n beleidsriglyn om ‘n alternatief te bied vir die lisensiëringsvereistes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) vir Starlink en ander telekommunikasiemaatskappye in die Staatskoerant gepubliseer.

Solly Malatsi, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, het gesê die nuwe voorstel is om meer beleggings te trek, veral vir lisensiëring vir uitsaai, internetdienste, selfoon- en ander netwerke. Hy het gesê maatskappye sal die regulasie wat bepaal dat 30% van ‘n lisensiehouer-maatskappy in die hande van vooraf benadeeldes moet wees, kan vermy en sal dan eerder toegelaat word om in plaaslike ontwikkelingsprojekte te belê om die transformasiedoelwit te bereik.

Lees ook: Ramaphosa gaan straks aanbod aan Elon Musk oor Starlink maak

Tans vereis die Wet op Elektroniese Kommunikasie se regulasies dat 30% van lisensiehouer-maatskappye in besit van histories benadeelde groepe moet wees. Die voorgestelde beleidsriglyn erken egter dat “die regulasies die wetlike raamwerk vir breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging weerspreek deur vereistes vir ekwiteiteienaarskap voor te skryf” wat dalk nie ten volle ooreenstem met die IKT-sektorkode nie, wat bemagtiging wyer meet.

Die voorstel volg kort ná president Ramaphosa se vergadering met president Donald Trump om die verhouding tussen die twee lande se verbeter.

Bronne: IOL, SABC, The South African

Lees ook: Ramaphosa gaan straks aanbod aan Elon Musk oor Starlink maak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief