Regering verwelkom vrylating van twee uit aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee

Lees ook :

Foto's: Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking

GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse regering het die twee ingenieurs, Peter Shane Huxham (55) en Frederik Potgieter (Frik) (54), se vrylating ná meer as twee jaar in aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee verwelkom. Hulle is Saterdag terug op hul tuisbodem met hulle families herenig ná kwytskelding deur die president van Ekwatoriaal-Guinee.

Chrispin Phiri, regeringswoordvoerder vir die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), sê in ‘n verklaring op sosiale media die twee mans is op 9 Februarie 2023 in hegtenis geneem en later tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Sedert hul inhegtenisneming het die SA-regering deur diplomatieke kanale aktief betrokke gebly om hul vrylating op humanitêre gronde te verseker. Die regering het herhaaldelik om genade gepleit en die humanitêre aspekte van die saak sowel as die ingrypende impak op die families van die aangehoudenes beklemtoon. Die families van die twee mans en hul werkgewer, SBM Offshore, het ook ’n belangrike rol gespeel in die fasilitering van hul vrylating.

Phiri sê voorts die regering waardeer die deurlopende voorsiening van konsulêre toegang en die gees van konstruktiewe diplomatieke dialoog.

“Suid-Afrika spreek sy opregte waardering uit teenoor die Regering van Ekwatoriaal-Guinee vir die oorweging en uiteindelike toestaan van hierdie presidensiële kwytskelding, wat dit moontlik gemaak het vir mnre. Huxham en Potgieter om na hul geliefdes terug te keer.”

Phiri bevestig die regering bly daartoe verbind om bilaterale verhoudinge met Ekwatoriaal-Guinee te versterk en bevestig sy toewyding aan konstruktiewe betrokkenheid, wedersydse respek en die oplossing van uitdagings deur diplomatieke kanale.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief