LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENINGS IN OORLEDE BOEDELS TER INLIGTING BESKIKBAAR
(Artikel 35(5) van die Wet op die Administrasie van Boedels, Nr. 66 van 1965)
Kennis word hiermee gegee dat afskrifte van die likwidasie- en distribusierekenings in die boedel van wyle VAN DEN BERG, MARIA JOHANNA (Identiteitsnommer: 410107 0024 08 0), wat gewoon het te 15 Marmanet Aftree-oord, Bergrivierlaan 248, Terenure, Johannesburg en wat op 13 Desember 2021 oorlede is, vir inspeksie beskikbaar sal wees vir alle belanghebbende persone vir ’n tydperk van 21 (een-en-twintig) dae vanaf die hieronder vermelde datum of vanaf die datum van publikasie hiervan, afhangende van watter datum die later is, by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof en die Landdroshof in Johannesburg soos aangedui.
Indien geen beswaar daarteen by die betrokke Meester gedurende die gespesifiseerde tydperk ingedien word nie, sal die Eksekuteur voortgaan om betalings te doen ooreenkomstig die rekenings.
Eksekuteur: Mariana Olivier
Oaklaw, Regencylaan 59, Route 21 Korporatiewe Park, Irene, hou ’n volmag om namens die eksekuteur op te tree.
Kontakpersone: Lane Rossouw / Annelie Kriek
E-pos: [email protected] / [email protected]
Adres: Oaklaw, Regencylaan 59, Route 21 Korporatiewe Park, Irene
Webwerf: www.oaklaw.co.za; tel. 012 345 3761
Datum van publikasie: 22 Augustus 2025












