GAUTENG. – Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het Woensdag vyf verdagtes – EMPD-beamptes, SAPD-lede en ’n privaat persoon – in hegtenis geneem in verband met die beweerde moord op Emmanuel Mbense in April 2022.
Volgens Opod-woordvoerder Lizzy Suping verskyn hulle vandag in die Brakpan-landdroshof op aanklagte van moord, verydeling van die gereg en versuim om ’n misdaad aan te meld. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ’n rol gespeel het in Mbense se dood en die wegdoen van sy liggaam by die Spaarwaterdam in Duduza.
Mbense, wat van betrokkenheid by ’n sakeroof verdink is, het op 14 April 2022 verdwyn nadat die polisie ’n klopjag by sy huis uitgevoer het. Sy liggaam is die volgende dag in die dam gevind. Opod het sy finale ondersoekverslag in Februarie 2026 aan die direkteur van openbare vervolgings voorgelê.
Opod het ook dissiplinêre optrede teen betrokke SAPD- en EMPD-lede aanbeveel. Die SAPD het reeds terugvoer oor optrede teen twee sersante gegee, terwyl die EMPD nog verslag oor sy dissiplinêre verrigtinge moet doen.
Die saak het vroeër groot aandag getrek nadat getuienis voor die Madlanga-kommissie en druk deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid vrae laat ontstaan het oor moontlike beskerming van betrokkenes en die lang vertraging in die ondersoek. Meer besonderhede sal na verwagting tydens die hofverrigtinge bekend gemaak word.
Nuusflits het voorheen berig Mbense (52) se familie het AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader ná nuwe besonderhede oor sy dood tydens getuienis voor die Madlanga-kommissie bekend geraak het. Nhlanhla en sy familie het op 18 November, vier dae nadat Marius van der Merwe, oftewel Getuie D, voor die Madlanga-kommissie getuig het, ontmoet. Van der Merwe het intussen in ‘n sluipmoordaanval gesterf.
Luidens ‘n verklaring van Barry Bateman, woordvoerder vir die privaatvervolgingseenheid, was die familie vir drie jaar sonder antwoorde volgens Nhlanhla, Mbense se broer. AfriForum het aan Opod geskryf en vrae gestel oor die vertraging in die ondersoek. Adv. Gerrie Nel sê die beskikbare inligting dui op moontlike beskerming van betrokke partye. “Ons beskou dit as ’n strategie om die omvang van kriminele aktiwiteite te verberg,” sê hy. Bateman sê dit is onduidelik of ’n belangrike getuie genader is en vra waarom geen verdagtes in hegtenis geneem is nie.
In ‘n brief aan Opod vra adv. Gerrie Nel deursigtige terugvoering oor die Brakpan-saak wat volgens hom sedert 2022 geen merkbare vordering toon nie. Die lede van die SAPD, EMPD en Guardian Security, wat vermoedelik betrokke, is nog nie in hegtenis geneem nie. Die brief verwys na getuienis voor die Madlanga-kommissie, waar die oorlede getuie, Marius “Vlam” van der Merwe, en voormalige EMPD-adjunkhoof Revo Spies, onder meer die huidige EMPD-adjunkhoof, Julius Mkhwanazi, met die voorval in verband gebring het.
Volgens AfriForum is die familie van Mbense bekommerd oor die langdurige vertraging in die ondersoek en die afwesigheid van inhegtenisnemings. Opod is versoek om dringend ’n bygewerkte vorderingsverslag te verskaf.
Marius “Vlam” van der Merwe (41) is gedurende Desember 2025 voor sy vrou en kinders by sy huis se hek doodgeskiet. Van der Merwe het in November 2025 voor die Madlanga-kommissie getuig en persone beskuldig, insluitend Julius Mkhwanazi – die geskorsde adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement (EMPD) – en getuig dat ’n vermeende rower in April 2022 deur polisie- en veiligheidspersoneel in hegtenis geneem is en glo met ‘n plastieksak oor sy kop gemartel is. Die vermeende rower is later dood en Van der Merwe, die eienaar van QRF Task Team, het gesê hy is beveel om die liggaam in ’n dam te stort om ’n moord te verdoesel.

IPID MEDIA STATEMENT
5 August 2026
IPID ARRESTS SUSPECTS IMPLICATED IN THE MURDER OF EMMANUEL MBENSE OF BRAKPAN
IPID today (5 Aug 2026) arrested 5 suspects implicated in the alleged murder of Mr Emmanuel Mbense in April 2022.
The 5 suspects, who are from EMPD, SAPS, and a private citizen , will appear before the Brakpan Magistrate Court, tomorrow , 6 August 2026.
The suspects face a charge of murder and defeating the ends of justice. They allegedly played a role in the murder of Emmauel Mbense, the dumping of his body at Spaarwater dam in Duduza, in Nigel and failing to report a crime.
It is further alledged that Emmanuel Mbense was implicated in a business robbery in Boksburg North, hence the raid of his home by police on 14 April 2022. He disappeared on the same day of the raid, and his body discovered on 15 April 2022 at Spaarwater Dam by a passerby.
After concluding its investigation, IPID referred the finalised investigation report to the DPP in February 2026 for a decision.
IPID also made recommendations to both SAPS and EMPD to institute disciplinary proceedings against their members in terms of section 30 of the IPID Act 1 of 2011.
Section 30 of the IPID Act states that, within 30 days of receipt of the disciplinary recommendations from IPID, the employer must institute disciplinary proceedings against their officers and provide progress report in writing to the Minister of Police and a copy to the Executive Director of IPID.
SAPS provided a written report to IPID in April 2026 on the disciplinary sanctions imposed on their two members who held the ranks of Seargent.
EMPD acknowledged the Recommendations Letter and is yet to provide IPID with a report on the outcome of the disciplinary proceedings against their members.
More information on this matter will be ventilated in court.
Media enquiries:
Lizzy Suping
060 525 2822
ISSUED BY COMMUNICATIONS AND MARKETING UNIT





