Brekende Nuus
Afrikaans

Regter beslis Epstein-jurierekords van 2019 kan vrygestel word

Regter beslis dat Jeffrey Epstein jurierekords van 2019 vrygestel kan word

fotokrediet: X
Regter beslis dat Jeffrey Epstein jurierekords van 2019 vrygestel kan word fotokrediet: X

VSA. – ‘n Federale regter in New York het beslis die Amerikaanse departement van justisie kan die jurierekords van Jeffrey Epstein se 2019-saak vrystel.

Lees ook: Regter beslis Ghislaine Maxwell-hofdokumente kan vrygestel word

Regter Richard Berman het gesê weens die nuwe Epstein Files Transparency Act kan die rekords vrygestel word, maar hy het gesê die slagoffers het die reg tot “beskerming van hulle identiteit en privaatheid”.

Epstein is in Julie 2019 aangekla van sekshandel. Hy is ‘n maand later in die tronk oorlede.

Alle ondersoekmateriaal, dokumente en rekords aangaande Jeffrey Epstein moet teen 19 Desember onder die nuwe wet vrygestel word.

Bronne: BBC, The Independent, LBC

Lees ook: Regter beslis Ghislaine Maxwell-hofdokumente kan vrygestel word