NEW YORK, VSA. – ‘n Federale regter in New York het beslis dat die departement van justisie hofdokumente oor Ghislaine Maxwell kan vrystel.
Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word
Regter Paul Engelmayer het gesê die dokumente moet vrygestel word weens die Epstein Files Transparency Act wat vereis dat alle dokumente, rekords en bewysstukke in die Jeffrey Epstein-saak teen die einde van volgende week vrygestel word.
Engelmayer het gesê maatreëls is in plek om die slagoffers van die vrystel van materiaal wat hulle “kan identifiseer of hulle privaatheid sal indring” te beskerm.
Bronne: BBC, PEOPLE, The Independent





