Regter besluit binnekort oor Boeing-pleitooreenkoms

Lees ook :

Regter besluit binnekort oor Boeing-pleitooreenkoms
Regter besluit binnekort oor Boeing-pleitooreenkoms fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing het vlieënier se vrae ignoreer 3 maande voor vliegtuigongeluk

VSA. – ’n Federale regter het gister argumente aangehoor oor Boeing se pleitooreenkoms met die VSA se departement van justisie. Boeing het ingestem om skuldig te pleit op ’n aanklagte van bedrog aangaande twee ongelukke waarin 346 mense oorlede is.

Die slagoffers se families wil die ooreenkoms teenstaan en hê Boeing moet krimineel aangekla word.

Boeing het gesê die ooreenkoms sal dit toelaat om sekerheid te hê oor toekomstige besigheid en die ooreenkoms sal erken dat hulle sedert die ongelukke in 2018 en 2019 veiligheid probeer verbeter het.

Volgens die justisiedepartement is die ooreenkoms die beste uitkoms en het dit reëlings getref om die slagoffers se bekommernis in die ooreenkoms aan te spreek.

Die families van die slagoffers het gesê die ooreenkoms hou nie Boeing verantwoordelik vir die ongelukke nie. Dokumente wat onlangs vrygestel is, het bewys Ethiopian Airlines het drie maande voor die tweede ongeluk vir Boeing gevra vir meer inligting oor noodprosedures vir die 737 Max-vliegtuig ná die eerste ongeluk. Boeing het geweier om die inligting aan hulle te gee, selfs al het hulle die inligting met Amerikaanse vlieëniers gedeel.

Die regter het gesê hy sal “sodra moontlik” beslis of hy die ooreenkoms gaan aanvaar en of Boeing verhoor gaan word.

Bronne: The New York Times, Reuters, CNN

Lees ook: Boeing het vlieënier se vrae ignoreer 3 maande voor vliegtuigongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief