Boeing het vlieënier se vrae ignoreer 3 maande voor vliegtuigongeluk

Lees ook :

Boeing het vlieënier se vrae ignoreer drie maande voor vliegtuigongeluk
Boeing het vlieënier se vrae ignoreer drie maande voor vliegtuigongeluk fotokrediet: Canva

Lees ook: Families van Boeing-slagoffers staan pleitooreenkoms teen

Dokumente wat vrygestel is, het aan die lig gebring die hoofvlieënier van Ethiopian Airlines het Boeing vir meer inligting gevra oor noodprosedures vir die 737 MAX-vliegtuig drie maande voor ‘n vliegtuigongeluk waarin 157 mense dood is.

Die vlieënier het in 2019 ‘n e-pos aan Boeing gestuur om te vra wat moet gedoen word as die 737 MAX-vliegtuie dieselfde probleem ondervind as dié op die Lion Air-vlug waarin 189 mense in 2018 dood is.

Boeing, wat die inligting vir Amerikaanse vlieëniers gegee het, het geweier om dit aan Ethiopian Airlines te gee en volgens The New York Times het hulle gesê hy moet kyk na die openbare inligting.

Volgens ‘n ondersoek deur die Ethiopiese regering kon die ongeluk drie maande later verhoed gewees het as Boeing inligting gedeel het toe hulle daarvoor gevra is.

Die families van die 346 slagoffers van beide ongelukke gaan die dokumente gebruik in hulle strewe om die ooreenkoms wat Boeing aangegaan het met die VSA se justisiedepartement te keer.

Boeing het ‘n skuldooreenkoms vir bedrog aangegaan en ‘n boete betaal sodat hulle nie vir die ongelukke verhoor kan word nie. ‘n Regter sal Vrydag die families aanhoor en besluit of die ooreenkoms aanvaar gaan word en of daar ‘n verhoor gaan wees.

Bronne: Daily Mail, New York Times, Simple Flying

Lees ook: Families van Boeing-slagoffers staan pleitooreenkoms teen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief