Brekende Nuus
Afrikaans

‘Renosterhoringdief’ na diefstal van 51 renosterhorings vasgetrek

Die verdagte is na 'n besigheidsinbraak by North West Parks Boards vasgetrek.

Renosterhoringdief na diefstal van 51 horings vasgetrek
Photo: Canva

‘n Verdagte (40) is Donderdag 29 Junie 2023 vir die beweerde diefstal van 51 renosterhorings in Rustenburg, Noordwes, vasgetrek.

Lt. Tinyiko Mathebula sê inligting tydens ondersoek na ‘n besigheidsinbraak op Maandag 26 Junie in die vroeë oggendure by Noordwes-parkeraad het na die verdagte gelei.

Hy is by sy huis op Boitekong in Rustenburg deur Valke wat deur OOP en Misdaadintelligensie bygestaan is, in hegtenis geneem en van besigheidsinbraak aangekla.

Vir verdere ondersoek is beslag op ‘n Range Rover, Land Rover, BMW, Nissan X-Trail en Honda Civic wat vermoedelik gebruik is om die misdaad uit te voer, gelê.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Mmabatho-landdroshof verskyn.