MOSSELBAAI, WES-KAAP. – Die massiewe MS The World-weeldeskip was vanaf Maandag in Mosselbaai se hawe. The World het 165 wooneenhede en het ongeveer 200 inwoners aan boord.
Die vaartuig is in 2002 die eerste keer die oop see in. In 2024 word beplan om ses kontinente te besoek. Sommige inwoners is permanent, terwyl ander periodiek inval.
Met ’n grootte van 196 m wyd, is die weeldeskip groot genoeg om restaurante, gholfbane, ‘n gimnasium, biblioteek, tennisbane en ander ontspanningsfasiliteite te huisves.
Inwoners kan slegs ’n wooneenheid koop as hulle deur iemand wat reeds op die skip woon, genomineer word. Volgens inwoners is die beste bate beslis die bemanningslede wat hulle behoeftes vooruit kan voorspel.
Mosselbaaiers kon Dinsdag en Woensdag moontlik inwoners op die kusdorp raakgeloop het, want ’n druk toerplan is vir hulle uiteengesit.
The World was einde Februarie in die Kaapstadse hawe, waar die sanggroep RAAF die inwoners vermaak het.
Die My World is net vir twee weke in die Suid-Afrikaanse waters voordat dit teen Afrika se ooskus sal opbeweeg. Dit sal by Mosambiek, Zanzibar en Kenia aandoen. The World het Woensdagmiddag uit Mosselbaai-hawe vertrek.
The World is nie net ’n skip nie, maar ook ’n lewenswyse. Veral vir diegene wat die wêreld wil sien sonder om oor huiskoop op land bekommerd te wees.
Bronne: The World, Mossel Bay Advertiser, CNN, Cape Town Etc