STELLENBOSCH, WES-KAAP. – Die Afrikaanse sanger Riaan Benade en sy pa Franna Benade het Maandagaand die Universiteit van Stellenbosch se rugbywedstryd met die nasionale lied geopen. Die Maties het teen die Universiteit van Johannesburg gespeel.
Volgens Riaan se Instagram-blad was dit ’n voorreg. “Ek dink nie daar is ’n veel groter eer nie. Dankie Pa,” het hy geskryf.
Hy het aanhangers ook opgewonde oor sy nuwe album gemaak. “Ek en pa Franna het ’n verrassing op my nuwe album. Baie opgewonde vir julle om te hoor!”
Kyk die video hier.
Bron: Riaan Benade Instagram-blad, Maties Rugby Club





