Riana Pretorius ontvoering: tweede verdagte in hof

Lees ook :

Foto: Riana Pretorius Fb-blad

Xolani Kafile (40) is Dinsdag, 28 Maart 2023, deur die Valke in Gqeberha in hegtenis geneem. Hy het Woensdag, 29 Maart 2023, op ‘n klagte van ontvoering in die Gqeberha New Law-landdroshof verskyn.

Ondersoek deur die Valke het hom aan die beweerde ontvoering van 16 Maart 2023, toe ‘n 30-jarige slagoffer buite haar werksplek in Newton Park, Gqeberha, ontvoer is, gekoppel.

Ao. Bonnie Nxumalo, polisiewoordvoerder, sê die saak is tot 5 April 2023 uitgestel. Hy bly egter in aanhouding.

Na bewering is die slagoffer deur drie gewapende verdagtes oorval wat haar in ‘n wit Toyota Corolla ingedwing en met haar weggery het.

Nadat ‘n berig oor die voorval op interne polisieradio’s uitgesaai is, het blitspatrollielede die voertuig op Ou Grahamstad-weg in Gqeberha gesien.

‘n Jaagtog het plaasgevind waarna Xolisile Rawutini (39) binne die voertuig gevind en onmiddellik in hegtenis geneem is. Nog twee verdagtes het uit die voertuig gespring en die nabygeleë bosse ingehardloop.

Kort daarna is ‘n 9mm-Norinco-pistool in die nabygeleë bosse gevind. Tydens verdere soektog in Rawutini se woning in Motherwell Gqeberha is nog ‘n vuurwapen onder sy bed gevind, waarvan die reeksnommer afgevyl was.

Hy het intussen op die 20ste en 24st Maart in die Gqeberha New Law-landdroshof verskyn. Die saak is tot 5 April vir ‘n formele borgaansoek uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief