Lees ook: Steeds geen aankondiging van Ramaphosa oor kabinet
Die toekoms van die regering van nasionale eenheid is in gevaar na president Cyril Ramaphosa glo die aanbod vir kabinetposisies aan die DA verander het.
Volgens The Citizen het die DA gedreig om hulle ooreenkoms met die ANC te verbreek as Ramaphosa nie by die aanvanklike aanbod hou nie.
Ramaphosa het glo gisteraand ter elfder ure ’n aanbod aan die DA vir die pos van minister van die departement van handel, nywerheid en mededinging vervang met die pos van minister van die departement van toerisme.
Die DA het die vorige aanbod aanvaar en is glo ontsteld oor die aanbod op die nippertjie verander is.
Daar is berigte dat die rand besig is om te daal terwyl Ramaphosa sloer om die kabinet aan te kondig.
Bronne: iAfrica, BusinessLIVE, The Citizen
Lees ook: Steeds geen aankondiging van Ramaphosa oor kabinet





