Lees ook: GPF-Kimberley en SAPD werk saam vir Mandeladag
KAAPSTAD. – President Cyril Ramaphosa het in gisteraand se opening van die 7de parlement gesê daar is drie prioriteite waarop die RNE oor die volgende vyf jaar gaan fokus.
Die prioriteite is die groei van die land deur die skepping van ‘n insluitende ekonomie, die skepping van werk en die vermindering van armoede.
Ramaphosa het gesê meer gaan gedoen word om werk te skep en seker te maak almal kan deel wees van die ekonomie. Hy het gesê swart Suid-Afrikaners, vrouens en dié wat in die verlede uitgesluit is, sal nou ingesluit word. Ramaphosa het gepraat oor werkskepping deur die verbetering van munisipaliteite.
Hy het gesê in ‘n poging om armoede te verminder, sal meer basiese voedselsoorte van BTW uitgesluit wees.
Bronne: eNCA, EWN, ECR





