Robbie Williams is hoofkunstenaar vir 2025 se Calabash in SA

Lees ook :

Robbie Williams in 2025 in SA te sien. Foto: Calabash

Die organiseerders van die welbekende rockmusiekfees Calabash het aangekondig Robbie Williams gaan as hoofkunstenaar tydens die 2025-musiekfees optree.

Williams het al 18 Britse musiektoekennings gewen, 80 miljoen albums wêreldwyd verkoop en 14 nr.1-enkelsnitte uitgereik.

Calabash vind onderskeidelik in Johannesburg en Kaapstad plaas. Die Johannesburg-optredes is vir 18 en 19 Januarie 2025 in die FNB-stadion geskeduleer. Kaapstad se feeste vind op 22 en 23 Januarie 2025 in die DHL-stadion plaas.

Feesgangers kan uitsien na Williams wat die eerste vertoning in elke stad sal inlei. Greenday, The Offspring en Fokofpolisiekar sal die tydens die tweede vertonings te sien wees.

Kaartjieverkope open op 12 April 2025 om 9:00 by TicketMaster en op Calabash se webtuiste.

Bronne: Calabash, TicketMaster, IOL, The Citizen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief