Robotte en hommeltuie is die toekoms

Weet jy hoe werk ‘n hommeltuig of hoe word ‘n robot aanmekaargesit? Agt leerlinge van die Robotics-klub van die Hoërskool Carnarvon het so pas van Uruguay teruggekeer, waar hulle Suid-Afrika by die Internasionale Lego-liga verteenwoordig het. Wiskunde en wetenskap Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys,...

Weet jy hoe werk ‘n hommeltuig of hoe word ‘n robot aanmekaargesit? Agt leerlinge van die Robotics-klub van die Hoërskool Carnarvon het so pas van Uruguay teruggekeer, waar hulle Suid-Afrika by die Internasionale Lego-liga verteenwoordig het.

Wiskunde en wetenskap

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys, sê dié leerlinge, vanaf gr. 9 tot 12, wil loopbane in wiskunde en wetenskap volg.

“Die leerlinge het Suid-Afrika in Uruguay verteenwoordig. Hulle het vandag op Kimberley-lughawe geland nadat hulle oorsee was.”

Dis die toekoms

Collen Jack, die LUR vir onderwys, het die leerlinge terug verwelkom. Jack sê meganiese ingenieurswese en die wetenskap is die toekoms. Hy het die onderwysers bedank en gesê ‘n onderwyser se talent en sukses hang af van hoe hy/sy leerlinge benader.

Wen goue prys

Die leerlinge het ‘n goue prys vir ‘n aspek, “Inspirasie”, van hulle projek gewen.

Jenay Mathison, ‘n onderwyser, tesame met Chantel Mabeleng, van die skoleprogram van SKA en Odwa Magabuko, junior programkoördineerder van SKA, het die leerlinge vergesel.

Rudi Claase stel ‘Afrikaans het Gees’ weens swak gesondheid uit

Seun se familie opgespoor

Twee vir ‘knopkieriemoord’ in aanhouding

Werner de Jager in tronk dood

Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Man wat met dubbelmoord-ondersoek kan help, gesoek

Steve se Janine deel haar diagnose

Ontvoerde slagoffers gered, drie verdagtes op verskeie aanklagte vasgetrek

Hulp gevra oor seun wat in vreemde huis wakker word

Vrou glo met meer as R3 m. dwelms betrap, in hegtenis

Vermiste ouma in vlak tuingraf gevind, kleinseuns in arres

Onbekende man en vrou sterf in motorfietsongeluk – naasbestaandes gesoek