WES-KAAP. – Altesaam ses robwelpies wat op strande in en om Mosselbaai gevind is in wat bekendstaan as “welpseisoen”, is op Robeiland hervestig.
Buiten die ses welpies wat Donderdag vrygelaat is, het Nuusflits voorheen berig oor ‘n robwelpie wat op 3 November op Bayviewstrand gevind is. Die gesonde welpie is twee dae later terug na Robeiland geneem.
Sedertdien is daar nog robwelpies op die strand gevind. SMART, oftewel Stranded Marine Animal Rescue Team, waarsku die welpies mag jonk en klein wees, maar hulle byt steeds en hondsdolheid is ‘n moontlikheid. Indien jy dus een teëkom, word jy aangeraai om weg te bly en SMART by 072 227 4715 te bel, om sodoende opgeleide hulp vir die dier te kry.
Al die welpies gaan deur bekwame hande by Hartenbos-dierehospitaal en kry die versorging wat hulle nodig het sodat hulle sterk kan wees.
SMART bedank Aquamarine at Sea wat gehelp het om die welpies per boot te vervoer, asook almal wat help om die welpies ‘n tweede kans te gee.



#StrandedMarineAnimalRescueTeam #SMART #beSMART #CapeFurSeal #CapeFurSealPup #SealRescue #MosselBay #Hartenbos #PupSeason2024





