Verdagte weer oor ‘knopkieriemoorde’ wat familielede eis in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Wikipedia en Canva

NOORDWES. – Olebogeng Mampe Kale (33) het op beskuldiging van moord in die Kgomotso- periodieke hof verskyn, nadat sy pa, ma en suster op 15 November gesterf het. Kale het sy borgaansoek laat vaar.

Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die NVG, sê die saak teen Kale is vir verdere ondersoek tot 23 Desember uitgestel terwyl hy in aanhouding bly. Hy is op drie aanklagte van moord aangekla.

Die familie het om ‘n koffietafel gesit toe Kale na bewering ingekom en eers sy pa met ‘n knopkierie oor die kop geslaan het voor hy sy ma en suster met dieselfde knopkierie aangerand het. Al drie is op die toneel dood verklaar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief