BALLITO, KZN. – ’n Taxi was Maandagaand in ’n ongeluk op die N2 betrokke nadat ’n los motorband vanaf ’n vragmotor geval en die taxi getref het.
Die ongeluk het naby die Ballito-wisselaar plaasgevind.
Volgens ooggetuies het die band vanaf ’n vragmotor gekom wat in die teenoorgestelde rigting gery het. Die taxibestuurder het beheer oor die taxi verloor toe die band dit tref. Nog ’n voertuig is deur die band getref.
Twee van die insittendes in die taxi het ernstige beserings opgedoen. Nog tien het geringe beserings gehad.
Die N2-noordwaarts is gesluit terwyl die toneel opgeruim word.
Bronne: IPSS Medical Rescue, Facebook

